WOESTE LAEVELD REEKS 1ste en 2de DRUK
Weet u dat Suid-Afrika ook sy eie, egte “cowboy” tydperk gehad het...? Hier is dit in aksiebelaade stories!
Dit was in die dae toe vroue “skaars en duur artikels” was. Toe wilde avonturiers uit die buiteland in honderdtalle die land binne gekom het en toe vee-smokkelaars en diewe met goud, sterk drank en blitsende rewolwers dikwels ’n hele gemeenskap regeer het. In die wilde, woeste Oos-Transvaal, waar die eerste groot goudontdekkings in Suid-Afrika gemaak is, het hierdie dinge gebeur.
Daar was vurige, hartstogtelike meisies, soos Juanita, wat bereid was om siel en liggaam op te offer aan die man wat hulle lief gekry het. En daar was kêrels soos Johan Grimbeek, met sy kalme, deurvorsende blik en sy sagte gespierde tred. Wat meedoënloos, honderde myle ver op die spoor van ’n moordenaar sal bly soek en vra en luister totdat hy hom opspoor, en dan spring die rewolwer aan sy sy blitsvinnig in aksie, “vinniger as wat ’n mamba kan pik...” ’n Man wat selfs nie deur die wildste en roekeloosste liefde van ’n meisie van die spoor afgelei kan word nie...
Hierdie Woeste Laeveld verhale is van die mees merkwaardigste en romantiese spanningsverhale wat nog in Afrikaans gepubliseer is, met "cowboy" aksie op sy allerbeste.
1. Vlam van die Laeveld - Dewald Brink & Braam le Roux (1950) 2. Die poort van trane - Dewald Brink & Braam le Roux (1950)
3. Vonnis van die berge - Dewald Brink & Braam le Roux (1950) 4. Spore in die dou - Dewald Brink & Braam le Roux (1950)
5. Beminde verraaaier - Dewald Brink & Braam le Roux (1950) 6. Geen vergiffenis - Dewald Brink & Braam le Roux (1950)
7. Hoefslae teen middernag - Braam le Roux (1953) 8. Ruiters van die dood - Braam le Roux (1953)